Waar is Sunset Mountain

-24.843890, 28.357909

  • Van Gauteng vat die N1 Noord na Polokwane.
  • Links by die Bela Bela (Warmbad) afrit.
  • In Bela Bela draai regs by die T-aansluiting.
  • Gaan oor die brug en draai regs by eerste verkeerslig (Engen, Total, Wimpy, Nando's).
  • Gaan oor 4 stopstrate uit die dorp uit Modimolle (Nylstroom) se kant toe op die R101.
  • Draai regs op die Eersbewoond pad (Reg oorkant Klein Kariba se ingang). Ongeveer 7 km uit Bela Bela.
  • Ry 2.2km op die Eersbewoondpad en sien die Sunset Mountain borde aan jou linkerkant.